NG Gemeente Saldanha

Die gemeente van Saldanha is 'n Godgegewe hawe met ons as vaartuie gestuur om die versoening in Jesus Christus aan die hele wêreld te bedien
Tuis

Hoof Menu

  • Tuis
  • Nuus
  • Program
  • Fotos
  • Vrae
  • Kontak ons
  • Geleenthede
  • Geskiedenis
  • Preke
  • Waar is ons?
  • Skakels na webtuistes
  • Nuusbriewe

Sê Goed

Die storm wat jou uit die nes geskud het, het jou leer vlieg. Anoniem.

Wie is aanlyn...

We have 1 guest online

Login vorm



  • Forgot your password?
  • Forgot your username?
  • Create an account


Ontwerp:
  JJ Bothma
Welkom by die NG Gemeente Saldanha
Sout vir die aarde PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Saturday, 05 May 2012 17:30

Hiermee 'n uittreksel uit die nuusbrief waarvoor Ds Marinus in Geraldton, Australië verantwoordelik was.

 

 

SOUT VIR DIE AARDE

 

Daar word vertel van `n plek in die woestyn van Judea, tussen Jerusalem en Jerigo, met die naam “Wadi Kelt”. Dit is `n diep kloof met loodregte wande op sommige plekke. Aan die een kant van die kloof, teen die loodregte wand, is daar `n monnikeklooster van die Grieks-Ortodokse kerk.

 

Bokant die klooster is daar drie of vier grotte waarvan die voorkante toegebou is. Hoe mense daar gekom het om dit toe te bou, is `n raaisel. In elkeen van dié toegeboude grotte woon `n monnik. Hulle het geen kontak met mekaar nie. Elke monnik bly in afsondering in sy grot en bring die hele dag, (eintlik sy hele lewe) in gebed en meditasie deur. Die enigste kontak wat hulle met die buitewêreld het, is deur `n mandjie, wat elkeen daagliks met `n katrol laat afsak na die klooster. In dié mandjie word daar kos en ander lewensmiddele gesit.

 

Last Updated on Saturday, 05 May 2012 17:40
Read more...
 
Sop Verkoping op bestelling PDF Print E-mail
Written by Elsa van Nieuwenhuyzen   
Tuesday, 17 April 2012 17:21

 

Na aanleiding van die sukses van die mini basaar en die vreeslike vraag na sop en pannekoek, het die Projekspan besluit om ‘n sop- en pannekoekverkoping die 25 April 2012 te hou. 

 

Daar sal groente- boontjie- en ertjiesop  beskikbaar wees, wat in literhouers  verkoop  gaan word @ R25.00 per liter.  Die pannekoek sal in die vorm van die standaard kaneelsuiker pannekoeke wees @ R5.00 per pannekoek. 

 

Wanneer u dan u bestelling vir pannekoeke plaas, moet u asb aandui indien u “skoon” pannekoeke verkies, sonder die kaneelsuiker.  Die verkope sal slegs werk op ‘n bestellingsbasis – so plaas u bestelling so gou moontlik om teleurstelling te voorkom.  

 

Die mense wat dan bestellings geplaas het, kan hulle produkte kom afhaal vanaf 17:30 – 18:15 op 25 April by die Kerksaal.  Bestellings kan geplaas word by Arina Hanekom by 082 56123 89 of Erna Brand by 022 714 1457 (kerkkantoor ure). 

 

Vrywilligers wat wil help sop maak, kan ook vir Arina kontak.    

 
VERKLARING VAN DIE BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA NA AANLEIDING VAN 'N PETISIE TEEN 'N NUWE AFRIKAANSE BYBELVERTALING PDF Print E-mail
Written by Elsa van Nieuwenhuyzen   
Monday, 26 March 2012 07:50

 

 
Dit het onder die aandag van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) gekom dat
daar skrywes per e-pos die rondte doen wat mense versoek om teen die Afrikaanse
Bybelvertaling wat tans onderneem word, op te tree.
 
Die rede wat aangevoer word (en daar word aangehaal presies soos dit in die petisie
staan), is dat die vertaling “Jesus Christus, die Seun van God, as 'n gewone mens
omskryf” asook dat die vertaling “Beoog Om Jesus Christus Totaal En Al Uit DIE
MESSIAANSE PROFESSIEë Uit Te Vertaal, Deur KLEINLETTERS Te Gebruik Inplaas
van GROOT LETTERS.” Verder word gesê: “Met Jesus Christus uit hierdie Nuwe
vertaling (2016) word die GODHEID VAN JESUS CHRISTUS Totaal en al wegvertaal,
en kan ENIGE (NEW AGE) god nou in hierdie skrifgedeelte in geredeneër word.” 
Die BSA wil hom ten sterkste teen hierdie e-posse uitspreek aangesien dit van
alle waarheid ontbloot is. Hierdie aantygings word in 'n baie ernstige lig beskou.
Read more...
 
Mini Basaar - 4 April 2012 PDF Print E-mail
Written by Elsa van Nieuwenhuyzen   
Monday, 26 March 2012 07:41

 

‘n Mini Basaar word beplan vir die 4de April by die kerksaal.  Dit gaan grootliks in die vorm van ‘n ete verkoping met die oog op Paasnaweek wees.

 

Etes wat verkoop gaan word, gaan alles vriesbaar wees en sal geregte soos Kerrie maalvleis, boboties, bolognaise maalvleis, rys, hoenderpasteie, lip lek hoender, noedelhoender en sop insluit.  Daar sal ook gebakte poedings, ander gebak, beskuit en vele meer te koop wees. 

 

Die verkope van die produkte sal vanaf 17:30 wees.  Gemeentelede wat graag wil help met die voorbereiding van die geregte kan Arina Hanekom skakel by 082 56123 89.

 
Kerkherenigingsproses: Brief aan Gemeentes Februarie 2012 PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Wednesday, 29 February 2012 16:43

 

Die dagbesture van die VGKSA en die NG Kerk het op 23-25 Februarie 2012 in Johannesburg ontmoet as deel van die voortgaande fasilitering ten opsigte van die kerkherenigingsproses onder leiding van dr Jerry Pillay, president van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (World Communion of Reformed Churches (WCRC)). Almal teenwoordig het dit as ’n baie geseënde ontmoeting ervaar.

 

Aangeheg hierby is ’n brief aan ons lidmate oor die verloop van hierdie proses tot op hede. Die dringende versoek van dr Kobus Gerber is dat hierdie inligting vandag nog aan alle leraars, gemeentes en lidmate versprei word.

 

Julle verdere aandag hieraan word waardeer.

 

Last Updated on Wednesday, 29 February 2012 16:48
Read more...
 
More Articles...
  • Nuus uit Geraldton, Australië
  • Wêreldbiddag vir Vroue
  • Gemeentekamp: 2-4 Maart 2012
  • Sopkombuis
<< Start < Prev 1 2 3 Next > End >>

Page 1 of 3

Gebed van die Week

Gemeente kalender

S M T W T F S
29 30 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 31 1 2

Dagboek

Sun May 20
Kruisklub
Sun May 20
Pinksterdiens
Mon May 21 @09:30 -
Pinksterdiens
Mon May 21 @19:00 -
Pinksterdiens
Sun May 27
Kerkeverjaarsdag tee
 NG Gemeente Saldanha se webwerf word moontlik gemaak deur ANNO Internet se diens aan NG gemeentes

valid xhtml valid css